Meisie (12) tydens ‘bendegeweld’ by skool doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Leerder (12) by Laerskool Ieglaasi Nieyah is Dinsdagoggend omstreeks 11:20 in Khayalamistraat in Beacon Vallei in Mitchells Plein tydens ‘n skietvoorval tussen beweerde mededingende bendes by ‘n skool doodgeskiet.

Volgens AO Joseph Swartbooi het ‘n dwaalkoeël die meisie noodlottig getref. Sy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog op vrye voet.

Enigiemand met inligting van die jong meisie se skietdood word versoek om die teen-bende-eenheid se speur.sers. Bradley Schuurman by 071 673 3841 te bel.

Die Stad Kaapstad sê in ‘n verklaring LEAP-beamptes is in die betrokke area ontplooi en het die SAPD versoek om sigbaar in die gemeenskap te wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief