Brekende Nuus
Afrikaans

Meisie (15) vermis nadat sy huis op Knysna verlaat

(Fotokrediet: SAPD)
(Fotokrediet: SAPD)

Die polisie op George in die Suid-Kaap doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om die vermiste 15-jarige Lilitha Makisi op te spoor.

Volgens die polisie is Makisi laas gesien toe sy Vrydag haar huis op Knysna verlaat het.

Die ttienermeisie het glo ‘n boodskap op sosiale media gelos dat sy in Thembalethu, George, is.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 335 1200 / 076 864 3633 kontak.