SANDFIELDS, KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (16 mde.) het gesterf en haar tweelingsuster is ernstig beseer toe ‘n muur Maandagmiddag by hulle huis tydens die hewige storms in Tongaat meegegee het.
Reaction Unit South Africa sê verskeie oproepe vir hulp is van Zondistraat ontvang. Met aankoms is gevind die sitkamermuur het meegegee en op beide die kinders en hulle ma geval. Inwoners het die puin verwyder. Die peutermeisie is op die toneel dood verklaar.
Die tweelingsussie, wat ernstige en die ma wat matige beserings opgedoen het, is deur ‘n ambulans na ‘n hospitaal vervoer.





