Meisie (2) verdrink in swembad

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Peuter (2) het Saterdagoggend verdrink nadat sy by haar ouerhuis in Constantia Park, in Pretoria-Oos, in ‘n swembad geval het.

Casper Visser, woordvoerder vir Volunteer Emergency Medical Response Unit, sê ‘n oproep vir hulp met ‘n peuter wat in ‘n swembad geval het, is net na 10:00 ontvang. Die ouers het intussen die peuter na ‘n apteek met ‘n kliniek gehaas om hulp te kry.

Die peuter het ondanks KPR en gevorderde lewensondersteunende intervensie gesterf.

Visser sê die polisie was op die toneel teenwoordig.

VEMRU bedank die apteekpersoneel vir KPR wat onmiddellik toegepas en hulp wat ontbied was.

“Thank you to Emer-G-Med, Netcare911, ER24, Promed ambulance services and Gauteng emergency medical services for a quick response and for giving it your best.”

Bronne: VEMRU en REKORD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief