Brekende Nuus
Afrikaans

Meisie (5) deur pitbull aangeval

'n Jong meisie het hulp nodig nadat sy deur 'n pitbull beseer is.

Nicole kort hulp na 'n aanval deur 'n pitbulll
Foto: The Cradle of Hope

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie

Nicole (5) is beseer na ‘n aanval deur hul bure se pitpull. Haar pinkie is amper heeltemal afgeskeur.

Melodie van The Cradle of Hope sê Nicole het onder meer berading en fisioterapie na die voorval nodig. Nicole is in ‘n gemeenskapskleuterskool en is nie lid van ‘n mediese fonds nie.

Indien enigiemand hulp kan bied, kan Melodie met ‘n WhatsApp of SMS-boodskap by 082 459 5747 gekontak word.

Melodie sê Artikel 18a Belastingsertifikate kan uitgereik word.

Foto: The Cradle of Hope