LIMPOPO. – ‘n Meisie (6) is glo Vrydag by haar skool deur ‘n onbekende verdagte, volgens haar ‘n medeleerder, verkrag.
Kol. Malesela Ledwaba sê haar ma het van die beweerde verkragting bewus geword toe sy bloed op haar minderjarige dogter se onderklere en skooluniform gesien het. Die dogter het gesê ‘n medeleerder het haar by die skool verkrag.
Die jong dogter is dadelik deur haar ma na ‘n kliniek geneem en ‘n verkragtingsaak is oopgemaak.
Phalaborwa-GKS sal die verdagte in opdrag van lt.genl. Thembi Hadebe soek. Enigiemand met inligting word versoek om sers. Junior Mathebula by 071 355 0556 te kontak.





