WES-KAAP. – ‘n Meisie (13) het Maandagmiddag gesterf en nog een (12) herstel in ‘n hospitaal na ‘n insident by Kampsbaai-getypoel.
Peter Flentov, van The Atlantic Seaboard Community Forum, sê volgens die NSRI was ‘n groep kinders van Khaelitsha in die teenwoordigheid van toesighouers op die strand. Die twee meisies is later gevind waar hulle met hulle gesigte na onder in die water dryf.





