Meisie wat bal jaag, kritiek na minibustaxi haar stamp

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (7) is kritiek beseer, nadat sy Woensdag omstreeks 15:30 in Porspectstraat, Howick, agter ‘n bal aan is en deur ‘n taxi gestamp is.

Midlands EMS en Midlands K9 met Hunter, die eenheid se hond, is na die toneel waar vasgestel is die kind het haar bal laat val en dit het in die pad ingerol. Sy is impulsief, sonder om vir verkeer te kyk, agter die bal aan, toe die taxi haar tref. Die meisie is kritiek beseer en gevorderde lewensondersteunende behandeling is op haar toegepas om haar te stabiliseer. Sy is daarna vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Die diens sê alle owerhede was op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief