Mej. Heelal-deelnemers loop uit nadat direkteur Mej. Mexico beledig

Lees ook :

Miss Universe deelnemers loop uit nadat man Mej Mexico beledig fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Verskeie deelnemers aan die Mej. Heelal-kompetisie het by ‘n amptelike geleentheid uitgeloop nadat Nawat Itsaragrisil, direkteur van Mej. Heelal Thailand, Mej. Mexico in die openbaar beledig het.

Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms uitgereik

Itsaragrisil het Mej Mexico, Fatima Bosch, voor haar mededeelnemers beledig omdat sy nie by ‘n sosialemedia-fotogeleentheid was nie.

Hy het haar vir vier minute oor die kole gehaal en haar “dom” genoem en toe gevra hoekom sy opstaan om met hom te praat terwyl hy nog besig is om te praat. Bosch het gesê: “Want ek het ‘n stem. Jy respekteer my nie as ‘n vrou nie”.

Itsaragrisil het die veiligheidsbeamptes geroep en gedreig om enigiemand wat Mej. Mexico ondersteun, te diskwalifiseer. Bosch het toe uitgeloop en van die ander deelnemers het in solidariteit saam met haar uitgeloop.

Die Mej. Heelal-organisasie het Itsaragrisil se gedrag veroordeel en gesê sy deelname aan die kompetisie sal “soveel as moontlik” beperk wees of hy sal heeltemal verwyder word en die organisasie gaan “regsaksie” teen hom neem.

Itsaragrisil het sedertdien om verskoning gevra, maar het ook gesê sy woorde is misverstaan en dat hy gesê het die deelnemer doen “skade”, nie dat sy “dom” is nie.

Bronne: BBC, PEOPLE, New York Post

Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms uitgereik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief