Die vermaaklikheidster en eienaar van Tammy Taylor SA, Melany Viljoen, het die naweek haar eie YouTube-kanaal begin.
In haar eerste video gesels sy gemaklik met kykers terwyl sy diamante op haar naels aanbring. Haar aanhangers kon haar enigiets vra wat sy dan beantwoord het.
Volgens haar is dit slegs die begin van ’n ongelooflike reis waartydens sy gaan praat oor leefstyl, besigheid, realiteitsprogramme en naels.
Kliek hier om haar YouTube-kanaal te volg.
Bron: Mel Viljoen YouTube





