Mel Viljoen van die Real Housewives of Pretoria-faam en eienaar van Tammy Taylor Nails SA gaan vandeesweek in twee episodes van kykNET se Diepe Waters-reeks te sien wees.
Viljoen se karakter in die episodes is die hoof van Tammy Taylor wat die vroueswemmers ’n nuwe voorkoms gee. Volgens haar het dit heel natuurlik gekom omdat sy as haarself verskyn het. Die span moes haar glo net help met haar gesigsuitdrukkings en woorde.
Sy meen die drama in realiteitsreekse soos die Housewives-reeks is eg. “Daar is nie ’n take two soos in Diepe Waters nie.”
Die twee episodes word op 10 en 11 April om 18:30 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai.
Bronne: kykNET, DSTV





