Menendez-broers kan voortgaan met poging tot vryheid

Lees ook :

Menendez-broers kan voortgaan met poging tot vryheid fotokrediet: X

LOS ANGELES, VSA. – ’n Hof in Los Angeles het beslis die hervonnisopleggingverhoor van die Menendez-broers kan voortgaan ten spyte van teenkanting van die distriksprokureur.

Lees ook: Voormalige akteur van ‘Grey’s Anatomy’ Eric Dane het MS

Die broers, wat in 1989 skuldig bevind is aan die moord op hulle ouers in hulle spoghuis in Beverley Hills, se regspan wil hê hulle moet hervonnis word sodat hulle moontlik uit die tronk vrygelaat kan word.

Daar sal volgende week verhore plaasvind om te besluit of die broers hervonnis gaan word. Die broers se poging is gebaseer op ’n wet in Kalifornië wat toelaat dat gevangenes wat jonger as 26 was toe hulle ‘n misdaad gepleeg het, hervonnis kan word en parool kan kry, omdat die menslike brein steeds op daardie ouderdom ontwikkel. Hulle wil hervonnis word tot 50 jaar in plaas van ’n lewenslange vonnis, wat hulle onmiddellik vir parool in aanmerking sal laat kom.

Die distrikprokureur het gesê die broers het nie verantwoordelikheid vir die moorde aanvaar nie en “hou aan om die blaam op iemand anders te plaas”.

Bronne: BBC, Algoa FM, Daily Mail

Lees ook: Voormalige akteur van ‘Grey’s Anatomy’ Eric Dane het MS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief