Mens is nooit te oud om te leer nie – PhD op 67 bewys deursettingsvermoë

Lees ook :

Foto: Universiteit Stellenbosch

WES-KAAP. – Dr. Retha Smit is ’n bewys dat ouderdom nie ’n hindernis hoef te wees om jou drome te bereik nie, nadat sy Donderdag op 67 haar PhD in psigiatrie tydens ‘n gradeplegtigheid van die Universiteit Stellenbosch ontvang het. Sy het as enkelma vier kinders grootgemaak en voltyds gewerk en in 2012 haar studies as eerstejaar aangepak. Ten spyte van haar prestasie is sy nie van plan om nou te stop nie.

Martin Viljoen, US-woordvoerder, sê Smit se studieleier, prof. Laila Asmal, sê haar prestasie is ’n inspirerende voorbeeld van vasberadenheid en lewenslange leer. Volgens Smit was dit nog altyd haar doel om haar studies te voltooi en sy het uiteindelik die kans gekry om dit te doen nadat haar kinders groot was.

As ‘n werkende enkelma met vier kinders was daar min tyd vir verdere studie. Tog het sy nooit haar droom laat vaar nie en het sy in 2012 begin studeer. Sy het op 60 haar honneursgraad in sielkunde cum laude voltooi, daarna haar meestersgraad behaal en uiteindelik haar doktorsgraad voltooi.

Smit het vir baie jare in psigiatriese navorsing gewerk en haar PhD-navorsing het gefokus op terugval by mense met skisofrenie en hoe verskillende faktore dit beïnvloed. Sy hoop haar werk sal help om die lewens van pasiënte te verbeter. Sy wil voortgaan om by navorsing betrokke te bly en haar kennis met ander te deel.

Haar raad aan ander is eenvoudig: as jy die wil het en gefokus bly, is dit nooit te laat om jou doelwitte te bereik nie.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

5 Responses

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief