KINSHASA, KONGO. – Minstens 33 mense is in Kinshasa, die hoofstad van die Republiek die Kongo, dood na erge reën en oorstromings.
Lees ook: Sowat 22 mense, insluitend kinders, dood na oorstromings en tornado’s in VSA
Verskeie mense het verdrink of is dood na hulle huise se mure op hulle ingestort het.
Plaaslike inwoners het gesê die water was 1.5 meter hoog en baie mense is in hulle wonings vasgekeer. Sommige van die inwoners moes swem of met tuisgemaakte kano’s by hulle huise probeer uitkom.
Reddingspanne is gestuur om oorlewendes te probeer soek.
Nog reën is vir die Kongo vir die week voorspel.
Bronne: BBC, Jacaranda FM, The Straits Times
Lees ook: Sowat 22 mense, insluitend kinders, dood na oorstromings en tornado’s in VSA
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





