Sowat 22 mense, insluitend kinders, dood na oorstromings en tornado’s in VSA

Lees ook :

Sowat 22 mense, insluitend kinders, dood na oorstromings en tornado’s in VSA fotokrediet: X

VSA. – Sowat 22 mense, insluitend kinders, is die naweek in die VSA dood na oorstromings en tornado’s verskeie gebiede getref het.

Lees ook: Tornado’s, brande en stofstorms veroorsaak dood van minstens 40 mense in VSA

’n Seun (9) is in Kentucky dood toe hy op pad na sy skool se bushalte deur vloedwater meegesleur is. Sy liggaam is twee uur later gevind. In Arkansas is ’n seun (5) dood toe ’n boom tydens die storms op sy huis geval het.

’n Vrywillige brandbestryder (16) is dood in Missouri in ’n ongeluk terwyl hulle mense wou red wat in ’n storm vasgevang is.

Verskeie mense is ontruim na hewige reën oorstromings veroorsaak het. Tornado’s het die hele week in die VSA voorgekom.

Dieselfde gebied is in Maart deur bosbrande, tornado’s en stofstorms getref, wat die dood van 40 mense veroorsaak het.

Bronne, BBC, NBC News, KETR

Lees ook: Tornado’s, brande en stofstorms veroorsaak dood van minstens 40 mense in VSA

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief