MPUMALANGA. – ‘n Skedel en los beendere met klere is Donderdag deur ‘n bejaarde man in ‘n bos ontdek toe hy na sy vee gesoek het.
Kapt. Magonseni Nkosi sê volgens inligting was die gru-ontdekking oor ‘n area gestrooi. Mmametlhake-polisie is na die toneel ontbied. ‘n Grys trui en nog kledingstukke was op die toneel gevind. Die polisie kan tans nie die oorsaak van dood, ouderdom of geslag van die oorledene bevestig nie.
Die ondersoek duur voort.
Maj.genl. Zeph Mkhwanazi het die gemeenskap vir hulp gevra en gesê DNS sal ingesamel word, aangesien ‘n aantal persone in die gebied vermis word.

