Meta moet miljarde opdok oor kinderveiligheid

Lees ook :

Foto ter illustrasie

INTERNASIONAAL. – ’n Hof in New Mexico het Meta beveel om $375 miljoen (sowat R6.3 miljard) te betaal omdat die maatskappy gebruikers mislei het oor die veiligheid van sy platforms vir kinders.

Volgens die BBC het die staat se prokureur-generaal in ‘n regsgeding die maatskappy daarvan beskuldig dat dit gebruikers mislei het oor die veiligheid van Facebook, Instagram en WhatsApp, en dat dit seksuele uitbuiting van kinders op dié platforms moontlik gemaak het. New Mexico se prokureur-generaal, Raul Torrez, het gesê die uitspraak is “histories” en is die eerste keer dat ’n staat Meta suksesvol oor kinders se veiligheid dagvaar.

’n Woordvoerder van Meta, onder leiding van voorsitter en uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, het gesê die maatskappy stem nie met die uitspraak saam nie en beplan om appèl aan te teken.

Bronne: BBC, Australian BC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief