Brekende Nuus
Afrikaans

Meyiwa verhoor binne ‘n verhoor tot 4 Maart uitgestel

Twee van die verdagtes het beweer hulle is aangerand tot hulle die skulderkennings geteken het.

Meyiwa verhoor binne 'n verhoor uitgestel tot 4 Maart

fotokrediet: Skermgreep
Meyiwa verhoor binne 'n verhoor uitgestel tot 4 Maart fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Beskuldigde in Meyiwa-saak beweer hy was nie bewus van sy regte nie

PRETORIA. – Die verhoor binne ‘n verhoor in die Senzo Meyiwa-saak is tot 4 Maart vir slotargumente uitgestel.

Regter Ratha Mokgoathleng het die staat tot 23 Februarie gegee om hulle hoofargumente te voltooi en die verdediging het tot 1 Maart tyd om hulle terugvoer te gee.

Die verhoor binne ‘n verhoor is om te besluit of die verdagtes in die moord op Senzo Meyiwa se skulderkennings gebruik kan word. Twee van die verdagtes het beweer hulle is aangerand tot hulle die skulderkennings geteken het.

Senzo Meyiwa is op 26 Oktober 2014 in sy meisie Kelly Khumalo se huis doodgeskiet.

Bronne: SABC, eNCA, The Africa

Lees ook: Beskuldigde in Meyiwa-saak beweer hy was nie bewus van sy regte nie