WES-KAAP. – Verskeie persone is Woensdagmiddag deur ‘n verdagte in Milnerton met ‘n skerp voorwerp gesteek. Die verdagte het Vrydag op aanklagte teen hom in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
Anelisiwe Manyana van die polisie sê na bewering het die verdagte eers niksvermoedende slagoffers in Milnerton begin steek. Hy het glo toe na Bosmandam beweeg, waar hy nog ‘n man aangeval het. Hierdie persoon het na die polisiestasie gehardloop en die voorval aangemeld, waarop die polisie die verdagte gearresteer het. Hy sou aanvaklik op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die besit van ’n gevaarlike wapen in die hof verskyn.
Die aanval het omstreeks 14:30 buite Cash Crusaders by die Centre Point-winkelsentrum begin. Die verdagte het ’n persoon daar gesteek. Daarna het hy verder na Koebergweg beweeg, waar hy nog slagoffers aangeval het. Tydens hierdie aanvalle is verskeie mense ernstig beseer.
Die verdagte het later ook by West Coast Fisheries en Gallo Portuguese opgedaag. Daar het hy ’n werknemer aangeval nadat sy hom gevra het om van die winkel se ingang weg te beweeg.
Een van die slagoffers kon daarin slaag om na die Milnerton-polisiekantoor te gaan vir hulp. Die polisie het vinnig gereageer en die verdagte kort daarna in hegtenis geneem.
Volgens Milnerton Crime Watch Trust en West Coast Fisheries het sommige slagoffers aan hul beserings beswyk, terwyl ander steeds in kritieke toestand in die hospitaal is
Die polisie versoek ooggetuies om na vore te kom en hul verklarings te maak om die ondersoek te help.
Die motief agter die aanval is op hierdie stadium onbekend.
West Coast Fisheries het ’n verklaring uitgereik waarin hulle hul innige meegevoel aan die families van die oorledenes betuig het en vinnige herstelwense aan hul beseerde werknemer oorgedra het. Hulle beklemtoon dat dit ’n geïsoleerde voorval was wat buite hul winkel begin het en nie ’n gerigte aanval op hul besigheid was nie.
Hul verklaring lui verder:
“Ons is diep geskok en hartseer oor die verwoestende gebeure. Ons is ongelooflik dankbaar vir die vinnige optrede van die publiek, nooddienspersoneel en Milnerton Crime Watch Trust tydens hierdie sinnelose daad van geweld.”
Bianca Blom het op sosiale media gesê: “Mag die man sitttt veraltyd !!!! Hyt ons hele familie in twee geskeer hoe n mens totsiens vir n ouma / ma … Ons harte is seer … Hoe herstel n mens na soo gebeurtenis … Ouma hoe se ons bye vir jou sonder n laste drukkie … Rus in vrede oumie Amanda Jonker Vlieg hoog “
Luke Symons het gesê: “Please keep in prayers Mr. Kobus Aggenbacht. He was stabbed today at Centre Court,424 Koeberg Rd. Admitted to ICU Groote Schuur. Very poor prognosis. Suspect was arrested. Witnesses please come forward to Milnerton SAPS.”
Bronne: SAPD, Milnerton Crime Watch Trust, West Coast Fisheries Milnerton.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





