Minderjarige in hof vir ‘moord en aanranding met opset om ernstig te beseer’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ’n Tienerseun (17) het onlangs op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer in die Brits-landdroshof verskyn nadat Charles Junior Tshabalala (28) by Maboloka se Sasol-afdeling gesterf het.

Lt.kol. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê Maandag in ‘n verklaring die polisie in Letlhabile is omstreeks 04:00 op 13 Julie na ’n plaaslike kliniek ontbied waar hulle ’n man aangetref het wat reeds aan ’n steekwond aan die bolyf beswyk het. ’n Moordsaak is geopen.

Voorlopige ondersoek het aangedui dat die verdagte die oorledene vroeër die oggend met ’n skerp voorwerp gesteek het. Kort daarna het hy glo nog ’n man in ’n openbare pad aangerand en gesteek.

Die slagoffer was saam met sy vriendin en twee ander mans onderweg huis toe in ’n voertuig toe hulle gesien het hoe die verdagte ’n vrou, wat aan hulle bekend is, sleep. Die slagoffer se vriendin het uit die voertuig geklim om te help, waarna die verdagte haar glo geklap het. Toe haar kêrel ingryp, is hy glo in die nek gesteek.

Die Letlhabile-speurders en opsporingspan het inligting oor die verdagte ontvang, wat verlede Dinsdag tot die tienerseun se inhegtenisneming in Letlhakaneng gelei het. Hy het Donderdag in die hof verskyn. Die minderjarige word in ’n jeugsentrum aangehou en sal op 29 Julie weer vir regsverteenwoordiging in die hof voorkom. Sy inligting sal ook ingevolge die kinderregtewet verwerk word. Beslag is op die moordwapen tydens die inhegtenisneming gelê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief