KWAZULU-NATAL. – ‘n Polisietaakspan wat in Richardsbaai ontplooi is, het op 24 April minerale ter waarde van R15 m. in ‘n pakhuis, waar dit glo vir die internasionale mark verpak word, teruggevind.
Brig. Athlenda Mathe sê die sirkoon en chloried is in die pakhuis in Johannesburg teruggevind. ‘n Taakspan is in Richardsbaai ontplooi om die diefstal van minerale te voorkom en sindikate daaragter hok te slaan.
Die minerale wat in Richardsbaai gemyn word, is glo deur die plaaslike hawe na ‘n pakhuis geneem waar dit verpak en dan verkoop word. Daar word beweer die sindikaat vervoer vals minerale na die hawe, terwyl die oorspronklike minerale na Johannesburg vervoer word. Die pakhuiseienaar word gesoek.
‘n Diefstalsaak is geregistreer. Dit is die tweede keer wat minerale ter waarde van miljoene teruggevind is. Gedurende Maart 2024 is nog minerale in ‘n pakhuis in Durban teruggevind. Die bestuurder van die vragmotor en die eienaar van die pakhuis is in hegtenis geneem.
“The team is also investigating the assassination of executives in the area. So far, 202 unlicensed firearms have been seized, 43 suspects have been arrested and 68 dockets are currently under investigation. Our intelligence remains on the ground to put a stop to these illegal activities in the mining sector”, sê genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van polisie.





