Minister en adjunk bekommerd nadat 10 mense in ongeluk sterf

Lees ook :

Foto: Bongumusa Wamageba

GAUTENG. – Barbara Creecy, die minister van vervoer, en Mkhuleko Hlengwa, die adjunkminister, het ernstige kommer uitgespreek oor die toename in padsterftes waar openbare vervoer betrokke is. Altesaam 41 mense was Saterdag op die N8 in ‘n ongeluk betrokke, van wie 10 gesterf het.

Collen Msibi, woordvoerder vir die departement, sê die voorval het plaasgevind toe ’n trok en ’n Interstate-bus sowat 5 km van Mandela View tussen Bloemfontein en Botshabelo gebots het. Die bus het glo werkers na Bloemfontein vervoer. Nooddienste het bevestig dat ses mense ernstige en kritieke beserings opgedoen het en na die Pelonomi-trauma-eenheid geneem is. Sewe ander is met matige beserings na die Botshabelo-hospitaal en Busamed geneem. Nog 24 mense het geringe beserings opgedoen en is na Botshabelo-hospitaal vervoer. Een persoon het verkies om nie hospitaal toe te gaan nie.

Creecy en Hlengwa het die padverkeersbestuurskorporasie opdrag gegee om in samewerking met plaaslike owerhede die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. ’n Voorlopige verslag word binne 48 uur ná die ondersoek begin het, verwag.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief