Lees ook: Mthunzi Mdwaba staan by sy aantygings oor R500 miljoen-omkoopskandaal
Die minister van arbeid, Thulas Nxesi, het ’n hofaansoek gedoen om ’n R5 miljard UIF-werkskeppingsprojek opsy te sit.
Nxesi, twee ander ministers en ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula is daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld van R500 miljoen by sakeman Mthunzi Mdwaba in ruil vir ‘n kontrak wou hê.
Mdwaba het Nxesi, hoëronderwysminister dr. Blade Nzimande, finansminister Enoch Godongwana en ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld by hom wou hê. Al drie ministers en Mblalula het die aantygings ontken.
Nxesi het gister gesê Mzie Yawa het in Januarie 2023 vir Mdwaba gesê die ooreenkoms is onwettig, want dit moes eers deur die ministers van arbeid en finansies goedgekeur word. Nxesi het gesê hulle het die projek en betalings aan Mdwaba gestop. Hy het gesê Mdwaba is bitter en wil hulle beeld ruïneer.
Volgens Nxesi het hy gister die affidavit geteken en ’n hofaansoek gedoen om die projek opsy te sit. Hy het gesê Mdwaba sal sy aantygings in die hof moet bewys.
Bronne: IOL, ECR, EWN
Lees ook: Mthunzi Mdwaba staan by sy aantygings oor R500 miljoen-omkoopskandaal





