GAUTENG. – Patricia de Lille, die minister van toerisme, het die vorige toerismeraad op 19 Augustus ontbind. Sy doen nou ’n beroep op benoemings voor 5 Desember van geskikte en bekwame individue vir die raad.
Die minister het die vorige raad van hulle onmiddellike ontbinding ingelig, nadat hulle geskrewe vertoë nie die wetlikheid van ’n spesiale direksievergadering op 1 Augustus kon aanspreek nie. Die minister het in haar aankondiging van die ontbinding verseker sake sal soos normaal verloop.





