GAUTENG. – Patricia de Lille, die minister van toerisme, het SA Toerisme ontbind en al die lede in terme van artikel 16 van die Toerismewet Nr. 3 van 2014 uit hul pos onthef. Die besluit tree onmiddellik in werking.
Die minister het die raad op 19 Augustus 2025 hiervan ingelig nadat hul geskrewe vertoë nie die wetlikheid van ’n spesiale direksievergadering op 1 Augustus 2025 kon aanspreek nie. Volgens regsadvies was die vergadering onwettig, aangesien die raad op daardie tydstip geen voorsitter gehad het nie. “Hierdie optrede was onwettig en ultra vires van hul bevoegdhede,” het Aldrin Sampear, die ministeriële woordvoerder, gesê.
Die minister sal ’n nuwe raad aanstel en intussen persone aanstel om die raad se sake te bestuur. Sy het verseker dat lopende programme, insluitend samewerking met die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika vir die G20-spitsberaad, nie belemmer sal word nie. Suid-Afrikaners word ook aangemoedig om die Sho’t left-webwerf te besoek vir afslag tot 50%.
Druk hier om die volledige verklaring te lees.





