Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader
PRETORIA. – Die minister van binnelandse sake gaan nou na die konstitusionele hof om te appelleer teen ‘n besluit van die Pretoria-hooggeregshof dat die proses waarmee hy die ZEP-program wou beëindig onwettig was.
Minister Aaron Motsoaledi is na die hooggeregshof in Pretoria om die program vir die Zimbabwiese uitsonderingspermit (ZEP) te beëindig. Die hof het in Junie 2023 bevind die proses wat hy aangegaan het was onwettig, ongrondwetlik en onregverdig.
Motsoaledi is na die hoogste hof van appèl waar dit van die hand gewys is omdat daar glo geen kans vir sukses is nie.
Motsoaledi het hom nou na die konstitusionele hof gewend om te appelleer teen die beslissing van Junie 2023 wat hom beveel het om die skrap van die ZEP-program te heroorweeg.
Verskeie organisasies wat hulle vir die regte van die Zimbabwiese permithouers beywer, het tot 15 Maart om Motsoaledi se aansoek teen te staan.
Bronne: BizCommunity, Daily Maverick, Eduzim
Lees ook: Sperdatum vir Zimbabwiërs om land te verlaat al hoe nader





