SOEDAN. – Minstens 1 000 mense het Sondag in die Marra-gebergte, Soedan, in ’n grondstorting omgekom.
Lees ook: Verskeie mense dood in aardbewing in Afghanistan
Die Sudan Liberation Movement het gesê dae van swaar reën het Sondag se grondstorting veroorsaak. Daar was slegs een oorlewende in Tarasin, ‘n dorpie wat omtrent geheel en al vernietig is.
Die beweging het gevra vir humanitêre hulp van die Verenigde Nasies en ander streeks- en internasionale organisasies. Die Sudan Liberation Movement het ook gevra vir hulp om die liggame onder die modder uit te grawe.
Bronne: BBC, NBC News, Sky News





