KWAZULU-NATAL. – Altesaam 10 voertuie is Saterdagmiddag in ‘n brand op die Gopalall Hurbanspad in Tongaat vernietig. Nog drie voertuie is deur hitte beskadig en die pad moes weens swak sig gesluit word.
Reaction Unit South Africa sê ‘n sterk wind het die vlamme vinnig deur bosse na die voertuie, wat langs die pad geparkeer was, versprei.
Hulp is omstreeks 14:36 ontbied waarna die geparkeerde voertuie in ligte laaie langs die pad gevind is.
Die voertuie het aan kliënte van ‘n besigheid behoort.
Bron: Reaction Unit South Africa
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: