GAZA. – Sowat 27 mense is oorlede na ’n Israeliese lugaanval op ’n skool in Gaza waarin families geskuil het.
Lees ook: Israel dood paramedici, burgerlike verdedigingspersoneel en VN-personeellid
Volgens ’n plaaslike hospitaal is nog meer mense gewond in die aanval op die Dar al-Arqam-skool. ’n Woordvoerder vir Hamas se burgerlike verdedigingsagenstkap het gesê vrouens en kinders is in die aanval dood en ’n vrou wat swanger was met ’n tweeling, asook haar man, suster en susterskinders, word vermis.
Die Israeliese weermag het beweer dit het “prominente terroriste in ’n Hamas-beheerde kontrolesentrum geteiken”. Dit het nie ’n skool genoem nie.
‘n Verdere 12 persone is deur die nag oorlede in aanvalle op huise in Gaza City se oostelike Shejaiya-distrik.
Bronne: BBC, The Independent, Sky News
Lees ook: Israel dood paramedici, burgerlike verdedigingspersoneel en VN-personeellid
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





