Minstens 28 mense is in Kijif dood ná Russiese aanvalle

Lees ook :

Minstens 28 mense is in Kijif dood ná Russiese aanvalle fotokrediet: X

KIJIF. – Minstens 28 mense is dood nadat Rusland gister verskeie hommeltuig- en vuurpylaanvalle op Oekraïne geloods het.

Lees ook: Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski

Volgens Oekraïne se departement an binnelandse sake is drie kinders, onderskeidelik drie, ses en 17 jaar oud, in die aanvalle dood. Altesaam 159 mense is in die aanvalle gewond en ’n woonstelblok het ineengestort.

Die aanvalle volg nadat die Amerikaanse president Donald Trump gedreig het om sanksies teen Moskou in te stel as sy Russiese eweknie, president Wladimir Poetin, nie teen 8 Augustus tot ’n skietstilstand instem nie.

Bronne: BBC, New York Times, Sky News

Lees ook: Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief