Lees ook: Vrou dood na sy op trein aan die brand gesteek is
ETHIOPIË. – Minstens 71 mense is dood na ’n trok vol trougaste Sondag in ’n rivier in die suide van Ethiopië ingeploeg het.
Die polisie het gesê die trok was oorlaai en het ’n brug gemis op ’n pad met baie draaie en toe in die rivier ingeploeg. ’n Onbekende aantal passasiers, van wie sommige van ’n troue afgekom het, was op die trok.
Vyf mense is in die hospitaal opgeneem met kritieke beserings.
Bronne: The Independent, The African Mirror, IOL