Lees ook: Vier mans dood in massaskietery in Nyanga
BRASILIë. – Minstens 78 mense is in die afgelope week oorlede en minstens 103 is vermis na vloede in Brasilië.
Sowat 155 mense is in die vloede beseer terwyl 88 000 hulle huise moes verlaat. 16 000 het na tydelike skuilings gevlug.
Die vloede is deur reën veroorsaak wat verlede Maandag begin het en die hele week aangehou het. Dit is moontlik deur klimaatsverandering veroorsaak. Die vloede is die vierde soortgelyke ramp in die suidelike Rio Grande do Sul-staat in ‘n jaar. Daar was vloede in Julie, September en November in dié staat waarin 75 mense dood is.
Die dodetal sal waarskynlik styg soos liggame gevind word.
Bronne: TIME, The Guardian, Reuters





