Minstens drie sterf toe minibustaxi van brug af ry

Lees ook :

Foto's: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Minstens drie insittendes van ‘n volgelaaide minibustaxi het vanoggend (Dinsdag) gesterf toe dit op die R102 oor die Tongaat-rivierbrug naby Durban na benede gestort het.

Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens is saam met verskeie ander dienste op die toneel, naby die Maidstone Sugar Mill, teenwoordig. Drie persone is reeds dood verklaar, 12 is ernstig beseer, van wie een nog deur die brandweer van die minibustaxi-wrak bevry word. Meyrick sê dit is onbekend hoeveel insittendes geringe beserings opgedoen het, aangesien hulle reeds die toneel verlaat het toe die nooddienste opgedaag het.

Die pad is gesluit en motoriste word gevra om ryvoorrang aan noodvoertuie te gee. Indien moontlik, moet ander roetes gebruik word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief