Lees ook: FNB sluit Jacob Zuma se bankrekening
DURBAN. – MK-partylede het by ’n FNB-tak in Durban betoog teen die sluiting van Jacob Zuma se bankrekeninge.
Aanvanklike verslae het gesê Zuma se rekeninge is gesluit. FNB het verlede week gesê sy rekeninge is gevries, nie gesluit nie. Dit na hulle ’n hofbevel aangaande een van sy lenings ontvang het.
Die MK-party het ’n memorandum aan die FNB oorhandig waarin hulle eis Zuma se rekeninge “heropen” moet word.
Hulle het gedreig MK-partylede wat rekeninge by FNB het, sal hulle rekeninge sluit as hulle nie oor sewe dae ’n antwoord oor Zuma se rekeninge ontvang het nie.
Bronne: IOL, Witness, Daily Maverick
Lees ook: FNB sluit Jacob Zuma se bankrekening





