Brekende Nuus
Afrikaans

MK-party in hof oor Zuma se kandidaatskap

In die hofdokumente voer die MK-party aan die OVK het nooit gesê hoekom daar beswaar teen Zuma gemaak is nie.

MK-party in hof oor Zuma se kandidaatskap

fotokrediet: Wikipedia
MK-party in hof oor Zuma se kandidaatskap fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Zuma en MK-party gaan appelleer teen OVK se besluit

JOHANNESBURG. – Die MK-party en die OVK is vandag in die Johannesburgse hooggeregshof oor oudpresident Jacob Zuma se kandidaatskap vir 29 Mei.

Jacob Zuma is deur die OVK van die kandidaatskaplys verwyder weens sy misdaadrekord en 15 maande tronkstrafvonnis.

Die MK-party het teen die OVK se besluit by die verkiesingshof appelleer. In hofdokumente voer hulle aan die OVK het nooit gesê hoekom daar beswaar teen Zuma gemaak is nie.

Hulle het ook gesê die OVK het “geen geldige redes om Zuma se politieke regte te skend nie” en die OVK is wettiglik deur hulle vooroordeel uitgesluit om oor die saak te besluit.

Die M-party beweer ook Zuma is gevonnis sonder ’n verhoor.

Bronne: SABC, The Citizen, eNCA

Lees ook: Zuma en MK-party gaan appelleer teen OVK se besluit