WES-KAAP. – Die Pan-Afrika-parlement het op 6 November die vasteland se eerste modelwet oor volhoubare grondbestuur aanvaar. Die wet, bekend as die Modelwet oor Volhoubare Grondbestuur in Afrika, bied lande ’n raamwerk om grond te beskerm en veerkragtigheid teen klimaatsverandering te versterk.
Die wet is deur ’n span kundiges, insluitend prof. Oliver Ruppel van die Universiteit Stellenbosch, ontwikkel en steun op elf grondstudies regoor Afrika. Dit dek onder andere volhoubare landbou, grondgebruik, klimaataanpassing, databestuur, openbare deelname en geslagsgelykheid, sowel as geskilbeslegting.
Prof. Ruppel sê die wet stel Afrika-lidlande in staat om hul natuurlike hulpbronne wetenskaplik en regsgestuur te bestuur, en dien as ’n platform vir samewerking, navorsing en innovasie regoor die vasteland.
Druk hier om meer te lees.





