Moenie walvisse en dolfyne nader nie – Stad Kaapstad

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad waarsku inwoners en besoekers dit is teen die wet om enige walvis of dolfyn binne 300 meter van die kuslyn te nader.

Alderman Eddie Andrews, die stad se adjunkburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewing, sê in ‘n verklaring die waarskuwing kom te midde van 11 klagtes wat in die afgelope week ontvang is van mense wat walvisse en dolfyne teister.

“Ons is bewus van plasings op sosiale media van mense wat doelgerig walvisse op kajakke, branderski’s en bote nader en selfs na hulle toe uitswem. Sulke dade steur hierdie seediere. Dit kan hul voedingspatrone beïnvloed en het veral ‘n impak op koeie met kalwers.”

‘n Hoë aantal boggelrugwalvisse is hierdie jaar naby aan die strand in Valsbaai en langs die Atlantiese kus teenwoordig. Koei-en-kalf-pare van die suidelike noorkapper-walvisse is ook in onder andere Vishoek opgemerk. Dit is normaal vir die gebied en groepe word tot Februarie aan die Atlantiese kus verwag.

Klagtes wat ontvang is, dui daarop mense het enkele meters van walvisse op strande gekom. Daar word gewaarsku die Stad sal wette aktief saam met die nasionale departement van bosbou, visserye en omgewing afdwing.

“Die wette wat interaksie met of teistering van omgewingspesies verbied, val onder die regulasies vir bedreigde of beskermde spesies ingevolge die wet op nasionale omgewingsbestuur (Nemba). Die Stad se kusverordening (Artikel 7.3) bepaal verder tensy die Stad skriftelike magtiging verleen, mag geen persoon binne die kussone inmeng, skade aanrig, versamel, oes, belemmer, benadeel, teister, jag of ‘n bestaan ​​beperk. of dooie wilde diere of plante, of sy habitat verplaas, versteur, vernietig of verwyder, met dien verstande dat redelike aktiwiteit met betrekking tot die gelyste aksies tesame met die vang van visse in getypoele deur kinders in die gewone gebruik of genot van die strandgebied nie verbied is nie.”

Klagtes oor die publiek wat mariene lewe teister, kan aan Gregg Oelofse: Kus- en Omgewingsbestuur, by [email protected] rig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief