Monique Muller laat lek e-pos van Katlego Maboe

Lees ook :

Monique Muller lek e-pos van Katlego Maboe
Monique Muller lek e-pos van Katlego Maboe fotokrediet: Briefly

Lees ook: Monique Muller beskuldig Katlego Maboe van ‘finansiële mishandeling’

Monique Muller het privaat e-posboodskappe tussen haar en Katlego Maboe aangaande die kies van hulle kind se skool laat uitlek.

Muller het gesê Maboe het geweier om hulle seun na ‘n nuwe skool wat meer bekostigbaar is vir haar te stuur en dat hy slegs die helfte van die skoolgeld betaal het. Muller het gesê hulle kind is voorheen by ‘n skool uitgeskop omdat sy skoolgeld vir twee maande nie betaal is nie.

In die e-pos wat Muller laat uitlek het, het Maboe gesê hy en Muller moet gesaamentlik ooreenstem oor die skool vir hulle kind en dat hulle nog nie ooreengekom het nie. Hy het in die e-pos gesê hulle prokureurs is besig met die probleem.

Muller het op die skermgreep van die e-pos geskryf: “Enige ander voorstelle want as dit so gaan, gaan my kind sonder opvoeding wees volgende jaar.”

Muller het ‘n paar weke gelede gesê Maboe se uitgawes is omtrent R150 000, maar nie eens ‘n derde van die geld gaan vir hulle kind nie. Sy het hom beskuldig van finansiële mishandeling en het verskeie sosialemediaplasings gemaak oor hoeveel geld hy verdien.

Bronne: Briefly, The Citizen, The Africa

Lees ook: Monique Muller beskuldig Katlego Maboe van ‘finansiële mishandeling’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief