Moord en poging tot moord ondersoek ná man glo tydens arres polisiebeamptes aanval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ’n Saak van moord en ’n poging tot moord word ondersoek ná ’n voorval Vrydag in Joubertstraat, Makhado, waartydens ’n man tydens inhegtenisneming doodgeskiet is. ‘n polisiebeampte is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Luidens ‘n verklaring van brig. Hlulani Mashaba was polisiebeamptes met roetine-misdaadvoorkomingspligte besig toe hulle op die verdagte man afkom. Toe ’n beampte hom wou deursoek, het hy glo ’n mes uitgehaal, na die beampte beweeg, losgeruk en weggehardloop. Bystand is ontbied.

’n K9-eenheid het vinnig bystand verleen, waartydens die verdagte aangekeer is. Die man het glo hierop ’n leë bottel opgetel en ’n polisiebeampte in die bolyf gesteek. Waarskuwingskote is eers geskiet, waarna die verdagte noodlottig gewond is. Hy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.

Die identiteit van die oorledene is tans nog onbekend. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is in kennis gestel om die saak te hanteer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief