Moordbeskuldigde bly in aanhouding

Lees ook :

Foto's: Alaska Runwithwolves en Bevan van Druten Facebook

WES-KAAP. – Bevan van Druten (53) het Woensdag op ‘n aanklag van moord in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn. Die saak is tot Maandag uitgestel en hy bly in aanhouding. Hy word daarvan verdink dat hy Anneke “Nicky” van Heerden (54) vermoor het.

Van Heerden, ‘n voormalige polisiespeurder, se liggaam is Sondagaand omstreeks 22:30 by Keurboomsrivier gevind. Luidens ’n verklaring van polisiewoordvoerder, AO Christopher Spies, het polisielede op ‘n klagte van ‘n vrou wat skree, gereageer. Op die toneel is Van Heerden met sigbare beserings langs ’n voertuig aangetref. Sy is deur nooddienste dood verklaar.

Die omstandighede van die moord word steeds ondersoek. ’n Nadoodse ondersoek is vroeër hierdie week uitgevoer om die oorsaak van dood vas te stel.

Van Heerden het ‘n Facebook-profiel onder die naam Alaska Runwithwolves. Sy het op 13 Januarie laas ‘n plasing gemaak.

“Yes. I am tired has new meaning now. For the younger generation but also for older misfits who’s family has expectations of them they can’t fulfill. Being tired can mean I am sorry I am so different that you can’t see who I am. It can mean I am sorry I failed you because I am unable to fit in your world. I am trying to create a world where I can fit, find a place where I am not a burden. Find a paying job where I don’t need the confidence I lost when I was told my last 15 years didn’t count. And while looking for a place with many open doors for those who grew up in an economy of AI generated schemes where you become a number on the other end of the line… And maybe that last time I broke down, I needed for you just to say: I understand. I am sorry you have to deal with all these failings of you are not good enough. Instead you blocked me. Another feeling to deal with while swimming against self doubt, financial struggle, nobody needs you, you are not good enough, just give up…”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief