Bestuurder laat vaar borgaansoek op 14 moordklagte ná dood van leerlinge

Lees ook :

Foto's: Gauteng Departement van Onderwys en NVG

GAUTENG. – Ayanda Dludla (22), die bestuurder van ’n voertuig wat skoolleerlinge vervoer het, het Woensdag sy borgtogaansoek in die Vanderbijlpark-landdroshof laat vaar. Hy het op 14 aanklagte van moord, drie van poging tot moord, die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n geldige geskiktheidsertifikaat, sowel as ‘n professionele bestuurslisensie en die bestuur van ‘n ongelisensieerde voertuig in die hof verskyn.

Luidens ‘n verklaring van Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, word daar beweer Dludla het op 19 Januarie ’n leerlingvervoer-voertuig op die R553 Golden Highway bestuur met 16 leerders as insittendes. Hy het na bewering met die voertuig kop-aan-kop met ‘n aankomende vragmotor gebots. Die botsing het gelei tot die dood van 14 leerlinge, terwyl nog twee leerlinge en ‘n insittende van die vragmotor beserings opgedoen het.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 5 Maart uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief