Moordenaar van Helen van Vuuren gevonnis

Lees ook :

Foto: Helen se oudste kleinseun, GC, Christine en Helen
Foto: Helen se oudste kleinseun, GC, Christine en Helen

Die man wat die 61-jarige Helen van Vuuren op 28 Augustus in die Absa-bank op Douglas doodgesteek het, is lewenslank tronk toe gestuur.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Tebogo Masire (23) is Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot ’n verdere 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede en twee jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, gevonnis.

“Maj. gnrl. Koliswa Otola het speurder-sers. James Oliphant vir sy speurwerk geprys. Misdadigers moet uit ons gemeenskap verwyder word en die gemeenskap moet veilig voel,” sê Kock.

Masire het Van Vuuren, ‘n administratiewe klerk van die Spar op Douglas, van agter in haar rug gesteek. Sy het in die ry by die bank gestaan om geld te deponeer. Hy het haar drie keer in haar rug gesteek.

Cristine van Vuuren, bestuurder van Spar en Helen se dogter, het aan FiND iT gesê hulle kon op die CCTV-kameras sien hoe Masire sit en wag. Dit het ook gelyk of hy sy ontsnaproete beplan het. Hy is kort daarna in Breipaal, Douglas, vasgetrek.

Helen word oorleef deur haar man, Corrie, haar dogter, Christine en nog twee seuns, Daniel en Corrie. Sy het ook vyf kleinseuns en een kleindogter.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief