NOORD-KAAP. – Alfred Modise (36) is tot 12 jaar gevangenisstraf vir die moord op Heinrich Kordom gevonnis.
Volgens kapt. Nelis Prins van die SAPD is Kordom op 21 Januarie 2024 in Greenfields, Augrabies, vermoor toe Modise vir Kordom tydens ‘n woordewisseling in die bors gesteek het. Ondersoekwerk van sers. Howard Thomas het tot die inhegtenisneming van Modise gelei. Die saak is suksesvol deur mnr. Du Plessis, die senior staatsaanklaer, tot ‘n skuldigbevinding en vonnis afgesluit.