Moordenaar vir moord op Augrabies gevonnis

Lees ook :

Moordenaar vir moord op Augrabies gevonnis Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Alfred Modise (36) is tot 12 jaar gevangenisstraf vir die moord op Heinrich Kordom gevonnis.

Volgens kapt. Nelis Prins van die SAPD is Kordom op 21 Januarie 2024 in Greenfields, Augrabies, vermoor toe Modise vir Kordom tydens ‘n woordewisseling in die bors gesteek het. Ondersoekwerk van sers. Howard Thomas het tot die inhegtenisneming van Modise gelei. Die saak is suksesvol deur mnr. Du Plessis, die senior staatsaanklaer, tot ‘n skuldigbevinding en vonnis afgesluit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief