Moordenaar wat kleuter se liggaam in drom sit gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Penina Felipe Sambo (38), ‘n Mosambieker van Ratanda, Heidelberg, is vir die moord op Melokuhle Ngwenya (3) tot 30 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Die Pretoria-hooggeregshof, sittend in Benoni, het Sambo aan voorafbeplande moord, asook die onwettige verblyf in Suid-Afrika, skuldig bevind. Buiten die gevangenisstraf is Sambo ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Melokuhle het op 3 April 2024 geld van haar oupa gekry om lekkers by Sambo se buurvrou te koop. Sambo het daarna saam met haar op ‘n rusbank gesit, waarna die kind verwurg is en haar liggaam in ‘n herwinningsdrom buitekant weggegooi is.

Toe die kind nie weer by die huis opdaag nie, het haar ma haar as vermis by die polisie aangemeld. Die polisie het die liggaam van die kind in die drom gevind. Sambo is op die toneel in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Sambo het skuld erken en gesê sy het die misdrywe uit woede teenoor die kind se ma gepleeg, omdat sy haar van ‘n verhouding met haar kêrel verdink het. Tydens vonnisversagting het sy die hof versoek om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk, aangesien sy vir ‘n eerste keer oortree het en ook berou toon.

Adv. Sipho Lalani, die staatsaanklaer, het aangevoer dat Sambo skuldig bevind is aan ernstige misdrywe wat algemeen in die hof se regsgebied voorkom. Hy het bygevoeg dat die oorledene ten tyde van haar dood ‘n minderjarige was en dat haar familie gebroke is oor die verlies. Daarom het hy die hof versoek om ‘n vonnis op te lê wat ‘n sterk boodskap aan die gemeenskap stuur.

Regter France van der Westhuizen het by vonnisoplegging gesê hy is tevrede met Sambo se skulderkenning. Hy het bygevoeg dat alhoewel die wet voorsiening maak vir lewenslange gevangenisstraf vir sulke misdrywe, hy glo die vonnis wat opgelê is, is gepas.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief