Moordondersoek volg ná drie verkoolde liggame in Hazyview gekry is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ’n Moordondersoek is begin nadat drie liggame in ’n beboste gebied naby Hazyview gevind is. Die slagoffers is só erg verbrand dat hulle nie geïdentifiseer kan word nie. ‘n 29-jarige man word in verband met ontvoering en moord ondervra.

Kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het Woensdag self die toneel besoek en sê ondersoekers kyk tans of die oorledenes moontlik die drie mense is wat op 14 April in Nelspruit (Mbombela) ontvoer is. Die polisie se ondersoek is steeds aan die gang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief