Moordverdagtes in hof ná slagoffer langs voertuig dood gevind is

Lees ook :

Foto: Google Maps

GAUTENG. – Vier verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem in verband met ’n moord ná ’n gewelddadige voorval by ’n winkel in Meyerstraat, Wonderboom-Suid, Pretoria. Die slagoffer is bewusteloos langs ‘n rooi Corsa buite die winkel aangetref, waar hy dood verklaar is.

Kapt. Johan van Dyk sê polisiebeamptes is na Meyerstraat na ’n bakleiery by ’n supermark ontbied. Met hul aankoms het beamptes drie mans buite die winkel aangetref met bloed op hul gesigte, terwyl daar ook bloed in die winkel naby die toonbank gevind is. ’n Man is langs ’n rooi geparkeerde Corsa buite die winkel aangetref waar hy deur nooddienste dood verklaar is.

Misdaadtoneeldeskundiges het die toneel vir leidrade gefynkam. Ná aanvanklike ondersoekwerk is leidrade opgevolg wat tot die identifisering van vier verdagtes gelei het. Hulle is opgespoor en op aanklag van moord in hegtenis geneem. Die verdagtes het Dinsdag in die Pretoria-Sentraal-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Samuel Thine, die distrikskommissaris van Tshwane, het die polisiebeamptes geprys vir hul vinnige optrede wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief