Mosambieker wat meisies smokkel, gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Moises Armando Mate (32), ‘n Mosambieker, is vir kindersmokkelary tot ses maande tronkstraf, met die opsie van ‘n boete van R6 000, gevonnis. Die vonnis is in geheel vir drie jaar opgeskort.

Lt.kol. Magonseni Nkosi, woordvoerder van die Valke, sê Mate is in die Komatipoort-landdroshof skuldig bevind en gevonnis. Mate het op 6 Desember 14 Mosambiekse minderjarige meisies, tussen die ouderdom van 4 en 16 jaar, Suid-Afrika ingesmokkel. Die minibus is deur grensbestuursowerhede langs ‘n vulstsie op die N4 voorgekeer. Mate en die meisies is aan die Komatipoort-polisie oorhandig.

‘n Saak van hulpverlening is geregistreer en deur die Valke ondersoek. Die meisies is aan die departement van maatskaplike ontwikkeling oorhandig en hulle is gedeporteer.

Nkosi sê Mate het op 27 Desember in die hof skuldig gepleit, waarna hy skuldig bevind en gevonnis is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief