Mosambieker wat meisies smokkel, gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Moises Armando Mate (32), ‘n Mosambieker, is vir kindersmokkelary tot ses maande tronkstraf, met die opsie van ‘n boete van R6 000, gevonnis. Die vonnis is in geheel vir drie jaar opgeskort.

Lt.kol. Magonseni Nkosi, woordvoerder van die Valke, sê Mate is in die Komatipoort-landdroshof skuldig bevind en gevonnis. Mate het op 6 Desember 14 Mosambiekse minderjarige meisies, tussen die ouderdom van 4 en 16 jaar, Suid-Afrika ingesmokkel. Die minibus is deur grensbestuursowerhede langs ‘n vulstsie op die N4 voorgekeer. Mate en die meisies is aan die Komatipoort-polisie oorhandig.

‘n Saak van hulpverlening is geregistreer en deur die Valke ondersoek. Die meisies is aan die departement van maatskaplike ontwikkeling oorhandig en hulle is gedeporteer.

Nkosi sê Mate het op 27 Desember in die hof skuldig gepleit, waarna hy skuldig bevind en gevonnis is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief