Brekende Nuus
Afrikaans

Motorfietsryer sterf op eerste dag van afleweringswerk

Die motorfietsryer wou glo 'n skielike U-draai maak toe hy deur 'n voertuig getref is.

Motorfietsryer sterf op eerste dag van werk
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Burundiese burger (28) wat vir ‘n supermark kruideniersware moes aflewer, het op sy eerste werksdag in ‘n ongeluk op die Old North Coastalpad naby Woodview Park gesterf.

Reaction Unit South Africa sê die man het gesterf toe hy glo met ‘n Big Boy 125cc-motorfiets ‘n U-draai gemaak het.

‘n Verbyganger het hulp vir die kritiek beseerde man ontbied.

Met aankoms is gevind hy is noodlottig beseer. Die motorfiets het verskeie meters van hom gelê.

Werkskollegas van die man wat op die toneeel aangekom het, het gesê dit was sy eerste dag van werk.

Volgens ‘n bestuurder van ‘n Mini Cooper wat ‘n geruime tyd agter die motorfietsryer vanaf Phoenix na Ottawa gery het, het die motorfietsbestuurder na bewering skielik ‘n U-draai gemaak. Die voertuig kon nie vinnig genoeg tot stilstand kom nie en het die motorfiets gestamp.

Die motorvoertuigbestuurder het geen beserings opgedoen nie.

Bron: Reaction Unit South Africa