Motorongeluk – wat nou?

Lees ook :

Wenke vir wanneer jy in 'n ongeluk betrokke is. Foto ter illuastrasie: Canva

Berigte oor motorongelukke is volop. Dit laat baie mense wonder wat hulle in so ’n situasie sou doen. Wees voorbereid en doen die volgende indien jy ooit in ’n motorongeluk betrokke is:

1. Wees kalm en som die situasie op

Al wil jou hart by jou borskas uitspring, bly kalm. Kyk of iemand beseer is en bel dadelik die nooddienste.

    2. Bel die polisie

    Selfs al lyk die ongeluk nie ernstig nie, is dit beter om die owerhede so gou as moontlik by die ongelukstoneel te kry.

    3. Bly eers in jou voertuig

    Moenie dadelik uit jou voertuig klim nie. Jy kan moontlike beserings vererger. Indien die pad besig is, is dit ook onveilig. Dit is natuurlik ’n ander storie as jou voertuig aan die brand is!

    4. Maak die pad skoon

    Indien dit ’n klein ongeluk was, laat die voertuie uit die pad beweeg. Dit sal verseker dat die verkeer nie ophoop nie. Moet egter nie bewysstukke van die ongeluk sommer net verwyder nie.

    5. Versamel inligting

    Kry alle betrokkenes se kontak-en versekeringsinligting. Neem ook self foto’s vanuit alle hoeke van jou motor en die skade. Teken die betrokke voertuie se registrasienommers aan. Indien daar ooggetuies is, kry hulle kontakbesonderhede.

    Niks kan jou op ’n motorongeluk voorberei nie. Jy kan wel die gemoedsrus hê dat jy sal weet wat om na die tyd te doen.

    Bronne: Progressive, Forbes, Investopedia

    Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

    Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

    Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

    Detecting your platform...

    Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

    Teken in op ons nuusbrief