Brekende Nuus
Misdaad

Motorwerktuigkundige dood – voertuie gekaap

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – ’n Motorwerktuigkundige is vanoggend in Mooirivier dood nadat hy tydens ’n voorval noodlottige beserings opgedoen het.

Midlands EMS se Howick K9-span is omstreeks 10:00 na die gebied ontbied ná rapportering van ’n moord. Met paramedici se aankoms is die motorwerktuigkundige met ernstige beserings aangetref. Ondanks pogings om hom te behandel, is hy op die toneel dood verklaar. Daar is ook vasgestel dat twee voertuie tydens die voorval gekaap is.

Midlands EMS se spanne en die K9-span het op die toneel gebly om waar nodig bystand te verleen, terwyl lede van die polisie die voorval ondersoek.